Afrikaans L10 Statusverslag, 10 Oktober 2000 -------------------------------------------- Ek stuur hierdie verslag maar aan beide afrikaans-gnome en afrikaans-algemeen sodat dit almal bereik. Jammer oor die duplisering. In die vervolg sal dit net aan afrikaans-algemeen gaan. Ek beveel aan dit almal daarby inskryf. Nuwelinge moet asseblief ons argiewe raadpleeg (sien http://afrikaans.sourceforge.net). Die volgende URL is ook sterk aan te beveel: "How to localize Mozilla" http://www.mozilla.org/projects/l10n/mlp_howto.html Algemeen -------- Linux: Afrikaans (af_ZA) is in weergawwe R0.95(Sep. 29) van IBM se Universal Locales projek bygevoeg. Hierdie projek verskaf lokaliserings-inligting in XML formaat (Unicode 3.0 gebaseerd) sowel as UTF-8 karakterkaarte (charmaps). Slegs glibc 2.2 word ondersteun. meer inligting by http://oss.software.ibm.com/developerworks/opensource/locale/index.html GNOME: Die verkiesing van die GNOME Foundation (http://foundation.gnome.org). Almal wat al tot GNOME bygedra het (kode, dokumentasie etc.), is geregtig om te stem. Ek is reeds geregistreer. Ek bemerk egter geen ander Suid- Afrikaners nie :( Mozilla: Netscape Public Beta 3 is uit. Die sal die laaste beta van Netscape wees. Die lokalisering van Netscape se produk is egter kompleks. Netscape gaan self slegs Engels, Spaans, Japanees en Duits ondersteun. Netscape moet ook afsonderlik van Mozilla ge-lokaliseer word. Die Mozilla-projek het egter nog 'n paadjie om te loop voor hul 1.0 vrystelling. Mylpunt 18 word binnekort verwag. Dit sal die laaste mylpunt wees. Die Nuwe "padkaart" is beskikbaar by die volgende URL: http://www.mozilla.org/roadmap.html Ek wil sterk aanbeveel dat almal dit lees - dit bied 'n uitstekende oorsig van die hele Mozilla projek, hede en toekoms. Daar word verwag dat Mozilla 1.0 in die tweede kwartaal 2001 vrygestel gaan word. Dit is natuurlik ons afsnypunt ook indien ons al die Mozilla verpakkings wil haal. Afrikaans-Mozilla ----------------- Status: Beplanning Vordering: Geen Jean Jordaan en Johann Lochner is beide nog druk besig. My eie tesis handig ek einde November in. Ek stel die volgende datums voor: (datum onbekend): die afrikaans .po en ander mozilla lokaliserings le^ers van die M18 vrystelling gaan in CVS in. Eerste "language pack" word vrygestel (dit sal natuurlik net die mees eenvoudigste veranderings bevat). 15 November: Jean kan jy voor ons 'n konsep-voorstel voorlei oor hoe ons te werk sal gaan op 'n standaard woordlys of woordeboek vir ons projekte op te stel en hoe ons dit sal bedryf? (CVS, web-koppelvalk etc.) 1 Desember: EK begin vertaal ;) Afrikaans-GNOME --------------- Status: Beplanning Vordering: Geen Ek is tans (minimaal) bedrywig met Evolution (die Helixcode posleser). Dit sal dan ook een van my eerste projekte wees. Ek vertrou dat ons konsensus nou geld dat ons eers Mozilla aanpak en dan begin om vir GNOME te organiseer. Kommentaar word verwelkom. Sterkte aan almal ek sal weer na M18 se vrystelling terug rapporteer. Groete, Ben